
Die manier wat jou oë reg deur my brand
Met my hande om jou lyf
Dis ons eerste dans van baie
Ek kan nie glo jy’s aan my sy
Vergeet van als en almal om ons
Volg my ritme, met jou lyf
Ek sweer ek sal jou nooit laat val nie
Ek sal nie laat gaan nie
Ek belowe, ek belowe
Om jou lief te hê
Tot die dag wat ek my kop neer lê
Ek belowe, ek belowe
Elke dag vir jou
Lank gewag om dit te sê
Ek belowe
Elke raakpunt hou nog vas in my bors
Elke glimlag trek my nader
Jy maak selfs die stiltes sagter
Soos reën op droë aarde
Vergeet van als en almal om ons
Volg my ritme, met jou lyf
Ek sweer ek sal jou nooit laat val nie
Ek sal nie laat gaan nie
Ek belowe, ek belowe
Om jou lief te hê
Tot die dag wat ek my kop neer lê
Ek belowe, ek belowe
Elke dag vir jou
Lank gewag om dit te sê
Ek belowe
As die wêreld draai en die nag te koud word
Hou net vas aan my naam
Ek kies jou weer en weer
Vir vandag en vir more
Ek belowe, ek belowe
Om jou lief te hê
Tot die dag wat ek my kop neer lê
Ek belowe, ek belowe
Elke dag vir jou
Lank gewag om dit te sê
Ek belowe